Die Here Genees my van Veelvuldige Sklerose


Die Here genees my van veelvuldige sklerose

 


Ons dien ’n almagtige God vir wie enigiets moontlik is. “ Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing”. (2 Tim 1:7) En dit is presies wat Johan Jacobs gedoen het toe hy uitgevind het dat hy aan Veelvuldige Sklerose (MS) ly. Twee jaar voordat hy met MS gediagnoseer is, is hy met oog-neutitis, wat dubbelvisie tot gevolg het, gediagnoseer. Dit is gewoonlik ‘n voorloper van MS.
“Op die ouderdom van 30, in die fleur van my lewe, is ek gediagnoseer met die aaklige siekte: MS! MS is gewoonlik ’n progressiewe, verlammende siekte wat jou sentrale senuweestelsel aantas. Dit was vir my ’n vreemde konsep om te snap omdat ek nie werklik kon verstaan hoekom my liggaam homself wou aanval nie. Ek was egter baie fiks en aktief toe ek gediagnoseer is. Ek het Kilimanjaro geklim, die Argus-fietstoer gery en gholf gespeel. Ek was ’n natuurlik-fikse persoon met ’n vrou en ’n pragtige dogtertjie.
Ek het vir 10 jaar in die ingenieursbedryf gewerk. My lewe was idillies. Ek was onder die indruk dat aktiewe en gesonde mense en mense wat sport beoefen, nie ‘siek word of virusse kry’ nie. Gou is my siening verander. Ek het gou agtergekom dat ons samelewing gevul is met wanbegrip oor die versorging van ons liggame.

Desperaat en deurmekaar
In 2000, kort nadat ek en Alicia getroud is, het ek snaakse simptome ervaar – ek kon bv. nie ’n sleutel in ’n sleutelgat druk nie, my regterbeen het begin sleep sowel as my tong. Ek het besef dat daar groot fout was en ek het begin raad en hulp soek. Dit het my opgeval dat min mense geweet het wat MS is en wat dit veroorsaak. Ek was eintlik op soek na ’n kitsoplossing vir die probleem, net om later uit te vind dat dit nie so werk nie. Die Here het vir my baie geduld gegee en my bemoedig in die tye wat dit baie moeilik gegaan het. Ek het geëksperimenteer met verskeie gesondheidskure en alternatiewe medisyne.
’n Mens raak desperaat en jy sal letterlik as jy kan, die wêreld om jou op sy kop keer op soek na antwoorde; selfs al word die laaste stukkie energie uit jou liggaam uitgedruk. Maar die Here sê in Sy woord: “Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop”. Ps. 39:8. Ons het besluit om die MS totaal en al vir die Here te gee en dit ’n gebedsaak gemaak. Ons is bekend gestel aan ’n nuwe leefstyl. Binne 6 weke was 95% van my MS iets van die verlede en dit deur slegs die regte voedselsoorte te eet. Ek het soos ‘n nuwe mens gevoel, maar die 5% het my tog somtyds gehinder. As ek klaar gehardloop het, het ek my balans verloor en ek het ook gesukkel om op ’n reguit lyn te loop. Omdat ek lief is vir sport en vir die buitelewe, het dit my gemotiveer om verder navorsing te doen om die 5% ook uit my sisteem te kry.
‘n Ou man in ‘n jong man se liggaam
Ek het op ‘n boek afgekom waar hulle vertel het dat silwer stopsels ook ’n euwel kan wees wat die probleem kan aanhelp. In ’n poging om van die laaste 5% ontslae te raak, het ek toe al my silwer stopsels laat verwyder. Op daardie stadium, omdat ek te haastig was en nie genoeg kennis gehad het om te weet dat as jy die metode verkeerd toepas jy al jou simptome net vererger nie, het dit toe presies met my gebeur.
Nou weet ek dat amalgaan 52% kwik bevat – een van die mees toksiese chemikalieë op hierdie planeet! Daar is dus meer gespesialiseerde maniere om van die silwer stopsels ontslae te raak. My gesondheid het verder agteruit gegaan en al die goeie pogings deur reg te eet, was tevergeefs.
Ek het my werk in 2003 weens MS verloor. Ek het op daardie stadium ’n jong dogtertjie en ’n vrou gehad vir wie ek nie kon sorg nie. Ek het soos ’n ou man gevoel in ‘n jong man se liggaam.Die genade van die Here het my deur alles gedra en ons gesin bewaar. Deur die swaar tye het my verhouding met die Here verdiep en Hy het my gewys dat Hy sal sorg; al kan ek nie.
Die Genade van die Here
Deur die Genade van die Here het ek by ’n gesondheidswinkel in Somerset-Wes uitgekom waar ’n broer in Christus my probleem aan my bekend gemaak het. Nadat ek ’n artikel wat hy vir my gegee het, gelees het, het die kloutjie by die oor gekom. Ek het my tandartsrekords van al my besoeke getrek en besef dat die silwer stopsels wat ek verwyder het, alles hiermee uit te waai het.
Ek was basies vergiftig deur kwik en ander toksiese middels. Die goeie nuus was dat daar hoop op herstel was. Die Here het voorsien en ek is Australië toe vir behandeling. Die besoek was die begin van ’n nuwe lewe vir my en ook vir ons gesin. Ek het stadig maar seker begin beter voel en my gesondheid herwin. Gedurende die hele ervaring het ek 3 dinge van God en die skepping geleer.

Gesonde kos en aktiewe leefstyl is baie belangrik. Ons moet vir ons liggame sorg.
Die Here het fisiologiese wette daargestel wat, as dit van die mens afgehang het, verseker tot my dood sou lei. Ons moet gesond eet en ons liggame versorg: dit is ’n geskenk van God. Goeie gesondheid is onvervangbaar.
1.
Die mens is perfek geskape met ’n onderhoudsplan vir elke liggaamsel. Ongeveer 100 triljoen word gereeld vervang met nuwe selle. Dus is jou liggaam self-onderhoudend.
2.
Ek weet, en glo ook deur my ervaring, dat die Here ons gemaak het met ’n selfgenesende liggaam, bv. as jy jouself sny, sal die sny vanself weer gesond raak onder die regte omstandighede.
3.
Voedingstowwe – dit is ons boublokke vir selfbehoud sowel as vir genesing.”

Die Here het dit op Johan se hart gelê om ’n verskil in mense se lewens te maak en die genade wat Hy ervaar het, terug te ploeg. So kan hy vir sy medemens oplossings bied deur vir hulle te leer hoe om gesonde kosse te eet en hulle bekend te stel aan ’n nuwe lewenseetplan soortgelyk aan wat ons voorouers geniet het: toksien - en chemikalieëvry. Johan het besef dat ’n mens beheer moet neem oor dit wat jy in jou mond sit. Dit is waarom hy Go Natural begin het. Dit is ’n maatskappy wat verbind is daartoe om gesonde voedseloplossings aan die publiek te verskaf. (Sien besonderhede links.)
Wat ookal jou gesondheidsprobleme is, daar is altyd hoop in Christus. “Toe ek agterkom hoe ek my liggaam misbruik het, moes ek om verskoning vra. Hosea 4:6 sê: “ My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy dié taak verwerp het, verwerp Ek jou...” Ek het om vergifnis gevra en die Here het my vergewe. Die Here wil jou gesond maak, jy moet net jou geloof in Hom plaas. Hy het ons almal geskape om in goeie gesondheid te kan lewe.” +

Om meer uit te vind oor Go Natural en hul produkte in voorraad, of om self met Johan te praat, e-pos info@gonatural.co.za of skakel 021 852 2744
Go –Natural se missie en visie:
1.
Stralende gesondheid in die voedselketting waarvan die mensdom beroof is.
2.
Om die mense toe te rus met genoegsame kennis om die reaktiewe paradigmaskuif te maak: om nie slegs simptome te behandel nie, maar om die wortel van die virus op te kan spoor en uit te roei.
3.
Ons streef daarna om die mense toe te rus met die waarheid, sowel as met praktiese en bekostigbare gesondheidsleefstyle.

 
Home | Current Issue | Past Issues | About us | Subscribe | Advertise | Contact us
Terms and Conditions | Privacy Policy