Om te emigreer of nie?


Om te emigreer of nie?

Deur Phillip du Toit

 

Is jy ook iemand wat geraak is deur mense wat geëmigreer het na lande soos Nieu-Seeland of Australië? Of dalk het jy of jou gesin dit al oorweeg. Dit is iets wat vandag al hoe meer algemeen raak en tog is dit seker een van die moeilikste besluite wat 'n mens kan neem. Wat is die redes waarom mense wil emigreer? Van die algemeenste redes is dinge soos die geweldsituasie in ons land, die ekonomie, werksgeleenthede wat minder raak en die vooruitsig op 'n beter lewenskwaliteit in 'n eerste-wêreldland. onderliggende emosies Maar net so is daar redes waarom mense verkies om hier te bly. Hiervan is die vernaamste redes dat 'n mens in jou bekende omgewing bly, dat 'n mens jou familie en vriende naby jou het, die waarde van tradisie en kultuur en dat ons werklik 'n mooi land met sonskynweer het. Dit bring dikwels 'n geweldige tweestryd in mense mee om al hierdie faktore teenoor mekaar op te weeg, of lede van die gesin kan diep daaroor verskil. Maar watter emosies lê onderliggend aan hierdie proses?
Vir diegene wat in die proses van besluitneming is, is daar dikwels vrees: vrees vir die toekoms van ons land, vrees vir jou eie veiligheid en sekuriteit, maar ook vrees vir die onbekende aan die ander kant van die draad: gaan jy aanpas, gaan dit nie 'n te groot kultuurskok wees nie en gaan jy die regte werk kry? Vir diegene wat reeds geëmigreer het, is daar die ervaring van verlies en hartseer: jou kultuur en bekende omgewing wat jy agtergelaat het, jou familie en jou vriendekring. En hierdie ervaring van verlies en hartseer geld ook vir die familielede of vriende wat agterbly - die verlies van die nabyheid van jou geliefdes. Vrees en verlies hang in baie gevalle saam met depressie -die siekte van ons tyd. En wat is depressie? Depressie is 'n verlies aan beheer oor jou omgewing. Jou omstandighede raak vir jou te veel en jy verloor jou hoop en entoesiasme vir die lewe.
Jou Siening bepaal jou uitkyk Op 'n nog dieper vlak, dink ek, gaan dit oor 'n eksterne lokus van beheer teenoor 'n interne lokus van beheer. 'n Eksterne lokus van beheer dui daarop dat jou omstandighede of mense rondom jou, jou besluite en jou sekuriteit bepaal. As hierdie eksterne omstandighede nie genoeg sekuriteit en geluk bied nie, kan dit maklik tot depressie lei en die manier hoe jy teenoor jou eksterne wêreld optree, negatief beïnvloed. 'n Interne lokus van beheer dui daarop dat jou sekuriteit nie afhanklik is van jou omstandighede nie, maar dat dit intern is, dat jou vreugde en sekuriteit van binne kom en dat dit bepaal hoe jy na die wêreld rondom jou kyk. Dit laat my natuurlik dadelik dink aan Paulus wat in Fil 4:11-13 sê: “Nie dat ek EmigreerOm te of nie? — deur philip du toit V o o R B l A d S to R i E dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Paulus het verstaan wat dit beteken om sy vreugde in die Here en God se krag in hom te vind. Hy gaan so ver om te sê dat hy alles as waardeloos beskou en dat om Christus te ken, alles in waarde oortref (Fil 3:7-8). Daarom kon Paulus en Silas toe hulle in die tronk was, die Here loof en prys te midde van hulle omstandighede (Hand 16:25). oë op die onsigbare Maar daarmee probeer ek nie 'n goedkoop antwoord gee vir mense wat moeilike besluite oor hierdie saak moet neem of vir diegene wat 'n gevoel van depressie ervaar nie. Die antwoord lê nie in ‘ruk jouself reg’ of in ‘moenie na jou omstandighede kyk nie’. Die antwoord lê daarin om 'n lewenswyse te ontwikkel waarin jy toelaat dat jou denke vernuwe word (Rom 12:1-2) ooreenkomstig die hoop in jou, selfs binne-in moeilike omstandighede (vgl. 1 Pet 3:14-15). Dit hang saam met geestesvermoëns wat deur gewoonte geoefen word (Heb 5:14). Daardeur ontwikkel mens, met krag van die Here, die vermoë om te lewe ooreenkomstig die nuwe lewe wat God by wedergeboorte in jou geskep het.
Dit gaan daaroor dat ons oë nie op die sigbare is nie, maar op die onsigbare: 2 Kor 4:17-18 “Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” die vreugdebron Hartseer en 'n ervaring van verlies is ook nie iets wat mens net kan afskud asof dit nie daar is nie, maar dit is makliker om in die genesingsproses jou gedagtes te rig op die dinge wat daarbo is en jou vreugde en jou geborgenheid as mens in jou verhouding met die Here vind. (Kol 3:2-3) Elke menswil gelukkigweesin syomgewing en in dit wat hy doen. Ons weet dat niks wat hierdie wêreld bied, ons ooit volmaakte geluk kan bring nie, maar dat werklike vreugde en vervulling in ons verhouding met die Here lê. Fil 4:4 sê: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Weesbly!.” Slegsdankan onsinwareoorwinning leef in ons omstandighede (sien Fil 4:13). Baie van ons is op soek na die wil van die Here vir ons lewe, maar ons verwagting is dikwels dat die Here ons as’t ware met 'n weerligstraal sal antwoord. Rom 12:1-2 sê dat ons die wil van die Here leer ken wanneer ons ons liggame as lewende en heilige offers gee en toelaat dat Sy Gees ons denke vernuwe. Ons wil dit dikwels onbewustelik andersom hê en eers sien dat óns omstandighede uitgesorteer is, voordat ons Hóm met oorgawe wil volg in alles. Of ons wag vir die spreekwoordelike skip wat moet inkom. Dit vra verseker 'n offer om jou totale lewe aan God te gee, maar veral jou liggaam, want jou liggaam is verbonde aan hierdie wêreld. Dit is verbonde aan die begeertes en behoeftes van hierdie lewe: wat sal ek eet, wat sal ek aantrek, waar sal ek bly? Dit is alles natuurlike behoeftes wat almal het en tog sê Jesus: “Verder het Jesus vir sy dissipels gesê: “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie.. Die lewe is tog belangriker as kos en die liggaam as klere.” Luk 12:22-23. Later in dieselfde gedeelte sê Hy: “Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee.” Luk 12:31 Dalk staan jy in die middel van 'n belangrike besluit oor of jy wíl verhuis na 'n ander land toe, of dalk is jy al daardeur, of mense naby aan jou is dalk al daardeur. Skryf gerus aan my en deel jou ervarings hieroor by philip@truthexposed.co.za. • philip du toit, Voltydse besigheidsman. Getroud met Carina; hulle is beide musikante en voltydse lof-en aanbiddingsleiers. Vir meer inligting, sien sy webblad www.truthexposed.co.za Emigreer

 
Home | Current Issue | Past Issues | About us | Subscribe | Advertise | Contact us
Terms and Conditions | Privacy Policy