|
Lees alles oor: Lize Kruger: Dood, Waar Is Jou Angel? Groot Ruben Kruger, Springbok-rugbyspeler, was nie net onder sportaanhangers bekend en geliefd nie. Nie alleen was hy ‘n talentvolle sportman, wonderlike eggenoot en Pappa nie, hy was ook ‘n oortuigde Christen. Die hele land is dus aangegryp toe dit vroeër vanjaar bekend geword het dat hy sy stryd teen die ‘groot –K’ gewonne gegee het. Lize, die vrou wat hierdie bittermoeilike pad van hartseer, vreugde, vrees, maar ook oorwinning, tree-vir-tree saam met hom gestap het, gesels openlik. -Onderhoud deur Ymile Kennedy
Die Hart van die Evangelie Ons almal word op ‘n daaglikse basis gekonfronteer deur die werklikheid van ‘n węreld wat in opstand is teen sy Skepper. Die absolute ontploffing van verkeerde dade herinner ons baie duidelik daaraan dat ons in ‘n sondige węreld wat God vergeet het, leef. -deur Dr. Peter Hammond
Praat die Kerk die Taal van Babilon? Iemand het eenkeer gesę dat die Kerk amper onherkenbaar is van die węreld. En dit is in so baie gevalle waar. Hoekom praat Christene dan dieselfde taal as die węreld? Dit is deesdae onduidelik of die Kerk die węreld ten goede beďnvloed en of die węreld die oorhand kry en die Kerk vinnig, maar seker besig is om soos die węreld te word en by hulle te leen. -deur Errol Naidoo
Beleef Jy ’n Middeljarekrisis? Wat is ‘n Middeljarekrisis (MJK)? MJK is ‘n emosionele toestand wat by sowel mans as vrouens kan voorkom, gewoonlik om en by 45 jaar. Die nuutste navorsing het egter getoon dat dit selfs vanaf 35 tot en met 50 jaar kan voorkom. Lees verder wat die simptome van dié krisis is… -deur Dr. Anthony van Tonder
Lugversorgde Hel Teologiese liberale denkers probeer nie om die Christendom te vernietig nie, maar om dit te red. Hulle word deur die apologetiek gemotiveer. Die kwessie van die hel is egter die grootste bron van protes en ontkenning. -deur R. Albert Mohler Jnr.
Egskeiding Het die ‘huwelik’ as instelling nog ‘n toekoms? Baie kenners is van mening dat die huwelik, soos ons dit ken, op pad uit is. Soos wat die egskeidingsyfer die hoogte inskiet, is baie mense – binne en buite die kerk – uiters pessimisties oor die huwelik. Lees meer oor hierdie aartsvyand en verwoester van sosiale standvastigheid. -deur Lathicia Klackers
(Im)moraliteit Onder die Loep “In Suid-Afrika kan moraliteit nie van die hele kwessie van diversiteit geskei word nie,” het Buhle Dlamini, Besturende Direkteur van Heartlines Mentors,tydens die onlangse moraliteitskonferensie in Krugersdorp gesę. “Mense en hul gedrag is dikwels ‘n produk van die gemeenskap waarin hul leef.” Lees gerus verder oor die onderwerp. -deur Toi Nell
Tieners: Waarom Doen Hulle Dit? Hoekom kritiseer hulle alles? Hoekom neem hulle dwelms? Hoekom respekteer hulle nie gesag nie? Waarom ontwikkel hulle eetsteurnisse? Hoekom is hulle so obsessief oor die regte ‘beeld’? Hoekom leef hulle seksueel promiskueus? Waarom dink hulle ou mense het geen waarde nie? Waarom doen hulle nie iets nuttig nie? Hoekom? Hoekom? Hoekom? -deur Nick Pollard
Ly My Kind Aan AGHS? Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteurnis (AGHS, of beter bekend as ADHD in Engels) word as een van die algemeenste kindersiektes beskou – ‘n ongeneeslike geestesiekte. Baie ouers is bekommerd dat hulle kinders moontlik aandag- en konsentrasieprobleme het, maar is nie seker hoe om die verskillende uitdagings om hierdie kinders groot te maak, te hanteer nie. -deur Marleen Claassen
‘Chat’ Is Nooit Onskuldig Nie Pornografie is ‘n leë verslawing wat verskeie vorms aanneem. Dit is nie net die vieslike foto’s op die internet of in tydskrifte nie, maar ook die fantasie-węreld wat so maklik toeganklik is op ons selfone... -persoonlike getuienis
|